登入選單
返回Google圖書搜尋
Op die dorsvloer van gebed
註釋Betree God se heiligdom! ‘Ek glo hierdie boek sal vir elkeen met ‘n passie vir gebed ‘n lewenslange handleiding wees.’ – Juanita Bynum Stel jou ‘n gebedslewe voor wat jou reg tot in God se teenwoordigheid neem! Moses se tabernakel het betekenisvolle plekke gehad wat gedien het as patrone of simbole vir offerandes, reiniging, Goddelike waarheid, voorsiening, beskerming en intersessie. Net soos Moses geweet het wat dit verg om by daardie plekke uit te kom, kan jy ook nou die pad daarheen ontdek. Juanita Bynum nooi jou op ‘n dieper en intiemer verhouding in die suiweringsproses – op die dorsvloer van intersessie. Hier op die dorsvloer sal jy ontslae kan raak van al jou laste en bindinge en leer om die stem van God te hoor soos nog nooit tevore nie. Dis nou die tyd om... • Verby ‘selfsugtige’ gebed te beweeg • ‘n Ware ‘lewende offer’ in die plek van gebed te word • Ander te wys hoe God bevryding en uitkoms bied deur doeltreffende gebed • God se strategiese opdragte aan sy gehoorsame kinders te verstaan • Die dorsvloer se profetiese gebedspatroon te ontdek en te verken Kom nou – God roep jou tot die dorsvloer van gebed – waar ware intersessiegebed begin.