登入
選單
返回
Google圖書搜尋
Huwelik Ontbloot
Mark Driscolls
其他書名
Die waarheid oor seks, vriendskap en jul lewe saam
出版
Struik Christian Media
, 2013-01-16
主題
Religion / Christian Living / General
ISBN
1415323194
9781415323199
URL
http://books.google.com.hk/books?id=QPnpAwAAQBAJ&hl=&source=gbs_api
EBook
SAMPLE
註釋
Gewoonlik gee boeke oor die huwelik voor dat die skrywer se eie huwelik volmaak is. Meeste huweliksboeke praat nie eens oor vriendskap nie. Hulle is vol versagtende uitdrukkings soos 'intimiteit', eerder as om direk oor seks te praat, amper asof die lesers teen iets beskerm moet word. Huwelik Ontbloot is nie so 'n boek nie. Pastor Mark Driscoll en sy vrou Grace vertel openlik hoe hulle met hul eie huwelik geworstel het en hoe hulle deur die Bybel vrede en genesing gevind het. Die Driscolls glo vriendskap is die kern van 'n huwelik, maar meeste mense sukkel om 'n uitstekende vriendskap met hul eggenoot deur al die jare se uitdagings te handhaaf. Verder het die Driscolls uit eie ondervinding geleer dat mens seksuele sake direk moet aanspreek, al is dit moeilik. Dus bied hulle praktiese raad om jou eggenoot jou beste vriend te maak, iemand met wie jy openlik kan praat vir die res van jul jare saam. Hulle pak moeilike onderwerpe met insig en empatie aan en wys dat egpare altyd God se woord kan vertrou om hul huwelik op koers te hou. Van die vrae wat hulle beantwoord is: Moet ek my voorhuwelikse seksuele sondes met my eggenoot deel? Is dit reg om 'n 'werkseggenoot' te hê? Wat sê die Bybel spesifiek oor seks? Die eerlikheid en deernis van die gesprekke in hierdie boek sal lesers onmiddelik tref en hulle aanmoedig om op dieselfde manier hulle eie huwelik te ondersoek. Huwelik Ontbloot is soos 'n persoonlike beradingsessie met 'n egpaar wat vir geen van jou kwessies skrik nie, wat na elkeen van jou diepste, moelikste vrae luister en hulle met wysheid, bekwaamheid en nederigheid beantwoord. As jy jou huwelik wil red, dit in 'n nuwe rigting wil stuur of voel dat niemand anders jul situasie verstaan nie, is hierdie boek net vir jou geskryf.