登入選單
返回Google圖書搜尋
Kom saam: Wysheid vir jou lewensreis
註釋Kom saam: Wysheid vir jou lewensreis is die tweede boek in die gewilde Kom Saam-reeks van dagstukkies deur Sonja Goldberg en die opvolg van die eerste boek, Kom saam: Inspirasie vir jou lewensreis. Hierdie besonderse dagstukkies is spesiaal geskryf vir vroue wat inspirasie, wysheid en hoop nodig het vir hul lewensreis deur die laag- en hoogtepunte van elke dag. Ons dae is tot oorlopens toe vol met aktiwiteite, beplanning, besluite, krisisse en vrese. Hoe weet ons wat is die regte keuses as daar so baie is? Wat gebeur as ons verkeerde besluite neem en hoe hanteer ons die gevolge? Elke dag moet ons te midde van die gewoel koers kies en antwoorde ge-reed hê oor die lewe vir onsself en ander; en nie net ten opsigte van ons persoonlike- en werksverhoudinge nie, maar ook ons geloof. Gelukkig is daar ook vreugde, vriende en samesyn op die paaie van ons lewensreise – en ons betroubare, drie-enige God. Hierdie dagstukkies nooi jou uit om teen jou eie pas Jesus Christus beter te leer ken, om te begryp hoe innig God jou lief het, en hoe naby Hy langs jou stap op jou lewenspad.