登入選單
返回Google圖書搜尋
Die wederkoms (eBoek)
註釋Datum-mania! Almal wonder, spekuleer en maak somme: Wanneer gaan die wêreld se bestaan kortgeknip word? Stephan Joubert bekyk in DIE WEDERKOMS hierdie onderwerp vanuit ’n Bybelse perspektief. Hy bespreek in hierdie aktuele boek temas soos: “Is 21 Desember 2012 die einde?”; “Kan jy die tekens van die tyd regtig reg lees?”; “Die Antichris”; en “Lees God se Woord reg, dan verstaan jy die eindtyd reg”. Te midde van die onsekerhede en vrae los Stephan Joubert die leser in DIE WEDERKOMS met die boodskap dat die Bybel met goeie nuus eindig. God wen! Hy bring uiteindelik ’n splinternuwe wêreld eens en vir altyd tot stand. Daaroor hoef niemand te twyfel nie.